Maagd | ||||
Latynse naam | Virgo | |||
Genitief | Virginis | |||
Afkorting | Vir | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 13h | |||
Deklinasie | -4º | |||
Grootte | 1 294 vk. grade (2de) | |||
Kwadrant | SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 9, 15 | |||
Helderste ster | Spica (Alpha Virginis) | |||
Naaste ster | Ross 128 | |||
Sterre helderder as 3 m | 3 | |||
Sterre met planete | 26 | |||
Messier-voorwerpe | 11 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 96 | |||
Meteoorreëns | Virginids, Mu Virginids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Veewagter, Berenice se Hare, Leeu, Beker, Kraai, Noordelike Waterslang, Weegskaal, Slang | ||||
|
Die Maagd (Latyn: Virgo) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim en deel van die diereriem. Dit lê tussen die Leeu in die weste en die Weegskaal in die ooste en is die tweede grootste van al die sterrebeelde, naas die aangrensende Noordelike Waterslang. Die konstellasie kan maklik gevind word deur middel van sy helderste ster, Spica (α Vir).[1] Sy simbool is ♍.
Die Maagd is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.